George News

HOME PAGE - EDITORS LETTER - INFORMATION PAGE
SCHOOL NEWS - MOVIE REVIEWS - PETS PAGE - MEDICAL HELP - PERSONALITY OF THE WEEK
BUSINESS FOCUS 1 - BUSINESS FOCUS 2 - BUSINESS FOCUS 3 - HEALTH TIPS - WEATHER & TIDES - SODUKO
ARTICLES
George News: Your Extreme Team!
Training Needs Analysis – why bother?
Vieux Amis
Indulging Mom… George shows you how it’s done.
Olive Festival Prins Albert
DAWIE SE BACKPACKERS BLUES.
BALI
Evan Schoombie
MUSIEK MONTAGE
Bybels Benodig!
Resep vir die Week

 

DAWIE SE BACKPACKERS BLUES.

Dawie Swanepoel (Outeniqua Backpackers)

Omdat daar soveel verskillende nasies van regoor die węreld deur 'n Backpackers gaan, vra mense my dikwels hoe die verskillende lande se mense met mekaar vergelyk.  Volgens die algemene stereotipe behoort Amerikaners luidrugtig te wees, Franse stylvol, Engelse arrogant en Duitsers outoritęr.  

Ek het baie min gaste gehad wat voldoen het aan hierdie stereotipes.  Travelers behoort almal aan die travelnasie ongeag van die land waarvan hulle kom.  Die waardes en belangstellings wat hulle bind, is groter as die kultuurverskille.  Ek dink in elk geval dat meeste stereotipes baie geforseerd is.

Die gemiddelde ouderdom van die backpackers is 23.  Meeste van hulle is studente of net klaar gestudeer.  Die Duitsers is die gretigste travelers op aarde.  In Suid-Afrika kry ons heelwat Hollanders en in die derde plek is dit die Franse, ons kry verbasend min Amerikaners.  Vanuit die ooste kom daar veral Suid-Koreane en hier en daar 'n Japanees.  'n Fassineerende land vir my is Brasilië, elke Brasiliaanse meisie wat hier instap, is skrikwekkend mooi.

Om die tipiese backpacker te beskryf, sal ‘n mens moet begin by hulle avontuurlus.  Onderliggend aan elke backpacker is daar die wete dat daar meer in die lewe is as werk, slaap en eet.  Alle backpackers is op soek na onvergeetlike ervarings, daardie tikkie adrenalien van onsekerheid en gemaksones wat oorgesteek word.  Die tweede stimulus vir backpackers is nuuskierigheid.  Oor die algemeen is backpackers baie intelligente mense en word aangedryf deur 'n weetgierigheid om eerstehands vreemde plekke te leer ken. Derdens is alle backpackers onafhanklike individue met sterk vryheidsbeginsels.  Hulle hou van die beweeglikheid van travel en die ongebondenheid wat vreemde plekke aan hulle bied.

Daar is 'n groot persentasie Suid Afrikaners wat hierdie eienskappe deel al het hulle nie aldag die moed om 'n traveler te word nie.  Dit is hierdie Suid Afrikaners wat welkom is in 'n Backpackers maar om een of ander rede nie hulle voet in 'n Backpackers sit nie.  Dit is jammer want internasionale backpackers kom juis na Suid-Afrika om hierdie tipe mense te ontmoet.

Skraap al jou moed bymekaar en kom backpack saam met die travelnasie.  Leer die Duitsers, Franse, Hollanders en al die ander nasies wat die węreld bewoon ken en gun hulle ‘n kykie na die hart en siel van ‘n Suid Afrikaner…