MUSIEK MONTAGE
MUSIEK MONTAGE word vanjaar vir die sesde keer aangebied en is een van die hoogtepunte in die musiekkalender van George!
2008 se MONTAGE beloof om beslis baie besonders wees: 7 kore (Suid-Kaap Kinderkoor, Laerskool Outeniqua Skoolkoor, Laerskool George-Suid Senior en Junior Koor, Holy Cross Primary Senior en Junior Koor en George Voorbereiding Skoolkoor) gaan elk ‘n kort program aanbied, waar die gehoor blootgestel gaan word aan ‘n wye verskeidenheid van klankkleur. Die klem val hier op die genot van koorsang en daar sal beslis iets vir elke musikale smaak wees!
Die tweede deel van MONTAGE gaan bestaan uit ‘n program, aangebied deur die alombekende en alombeminde EVAN SCHOOMBIE, begelei deur DRINI MALAN-BOTHA. Hirdie twee kunstenaars het geen bekendstelling nodig nie en het reeds hulle pad deur die George-harte oopgesing en –gespeel.
Die hoogtepunt: ‘n massakoor (bestaande uit die ongeveer 500 leerders van bg. kore) saam met Evan en begelei deur Drini! Hierdie items beloof om elke lid van die gehoor huis toe te stuur met ‘n gevoel van “die-lewe-is-‘n-lied”!!!
Kaartjies vir hierdie baie spesiale geleentheid kan bekom word by Laerskool Outeniqua, die organiseerders van vanjaar se MONTAGE.
Vir navrae, kontak Amanda Hattingh/Andriette Gie by 044-8732292 (08:00 - 14:00) of Amanda Hattingh by 084 558 7122 (na 14:00).