Bybels Benodig!
Ons wil graag ‘n versoek rig aan die George gemeenskap om julle harte oop te maak en boekrakke af te stof…
Daar bestaan ‘n dringende behoefte onder arm gemeenskappe vir Bybels. Enige skenkings sal waardeer word – Afrikaans, Engels, Kinderbybels, trouens enige Bybels wat u nie gebruik nie.Indien u ekstra Bybels het en dit aan ons wil skenk, kontak asb. vir Beatrice by
084 583 2460 of lewer dit af by ons kantore by Tommy Joubert Plaza 1, Meade Straat, George.