Vee's Video - George
Ongemaklike stoele, lugreëling wat jou hele lyf in 'n ysblok verander, die irreterende gekou van springmielies in jou ore, iemand wat vraatsig die laaste bietjie koeldrank uit slurp, aanhoudende fluisters, voete en koppe wat jou beeld blok…Dryf die soort ervaring by die flieks jou ook teen die mure uit? Vee's Videos kan jou ontvlugting wees, ontvlugting van die woelende flieks en harde realiteit…
Vee's Videos bestaan al 25 jaar en het 150 takke landswyd. Hier in George verskaf Vee's Videos al vir die afgelope 6 jaar vermaak aan ons gemeenskap met die nuutste DVDs en playstation speletjies. Hulle bied 'n groot verskeidenheid van gruwel-, aksie-, komedie-, en romantiese films en genoeg kinder films om die jong klomp besig en gelukkig te hou. Ook het hulle 'n wye keuse playstation speletjies, genoeg vir 'n nuwe uitdaging elke dag. Hulle maak selfs kliënte se private DVDs en musiek CDs skoon.
Johann het na vele ander beroepe besluit om Vee's Video's te koop omdat hy lank in 'n video winkel gewerk het en 'n groot liefde ontwikkel het vir die tipe bedryf. Sy eerste Vee's Videos het hy in Mosselbaai gekoop en van daar het hy twee in George gekoop en besit vandag al agt Vee's Video winkels.Vee's Videos bied aan jou die vriendelikste diens en beywer hulle om na jou en jou familie se belange om te sien. Hulle hou net Zone 2 DVDs aan, wat honderd persent gewaarborg is om op jou Suid-Afrikaanse DVD speler te werk. Al hulle films is goedgekeur deur die Film en Publikasie raad. Die vriendelike personeel staan ook reg om ouers te help om seker te maak dat dvds geskik is vir kinders. Vee's Videos hou glad nie Zone 1 DVDs aan nie, want dit beskadig jou DVD speler. Ons kan ook uitsien in die toekoms na PS3, XBOX en WII wat Vee's Videos aan ons beskikbaar sal maak, vir vele ure se genot.Vir Johann en sy span is persoonlike diens bitter belangrik, hulle is altyd beskikbaar om hulle kliënte te help en na almal se klagtes en gedagtes te luister.Laat Vee's Videos kleur en sonskyn bring, vergeet van die vaal, koue winter en kry die nuutste films of dalk 'n ou gunsteling en gaan geniet dit in die gemak van jou eie huis. Vergeet van als daar buite, bly snoesig in die huis en verloor jouself in jou gunsteling film…