George News

HOME PAGE - EDITORS LETTER - INFORMATION PAGE
SCHOOL NEWS - MOVIE REVIEWS - PETS PAGE - MEDICAL HELP - PERSONALITY OF THE WEEK
BUSINESS FOCUS 1 - BUSINESS FOCUS 2 - BUSINESS FOCUS 3 - HEALTH TIPS - WEATHER & TIDES - SODUKO
ARTICLES
George News: Your Extreme Team!
Training Needs Analysis – why bother?
Vieux Amis
Indulging Mom… George shows you how it’s done.
Olive Festival Prins Albert
DAWIE SE BACKPACKERS BLUES.
BALI
Evan Schoombie
MUSIEK MONTAGE
Bybels Benodig!
Resep vir die Week

Victoria Driving School

Almal van ons smag na die onafhanklikheid om self te kan motor bestuur.  Meeste van ons is te bang om vir 'n rybewys te gaan met al die nuwe reëls en vereistes.  Victoria Bestuur Skool maak dit vir jou moontlik om jou bestuurderslisensie te kry – die eerste keer.

Victoria Bestuur Skool lei mense op in leerlinglisensies en berei jou voor vir die toets, asook vir bestuurderslisensies en help weereens met die voorbereiding sodat jy jou lisensie kan slaag.  Hulle bied opleiding in die bestuur van enige klas voertuig, van ligte motorvoertuie tot motorfietse, ligte- en swaar trokke.  Hulle is affilieerd by die Departement van Arbeid en het sewe instrukteurs en takke in George, Mosselbaai en Riversdal.



Victoria Bestuur Skool bied aan jou 3 vraestelle vir leerlinglisensies, soortgelyk aan dié van die Verkeersdepartement.  Dit sorg vir blootstelling en maak dit makliker om te slaag.  Hulle bied ook mondelingse leerlinglisensie klasse aan vir diegene wat minder geletterd is.  Verder lei hulle ook mense by verskillende toetsstasies op ter voorbereiding vir die toets.

Ferdi Kotze, bestuurder van Victoria Bestuur Skool, het 25 jaar ondervinding in die bedryf en glo dat bestuurskole kan bydra tot veiligheid op Suid-Afrikaanse paaie.  Victoria Bestuur skool roem op hulle vermoë om 'n verkorte, maar uiters deeglike en bekostigbare leerproses aan kliënte te bied.  Hulle doelwit is om elke kliënt so deeglik op te lei dat hul die toets die eerste keer sal slaag.  Ferdi glo dat die kliënt die belangrikste party in die proses is.  Mens moet besef dat as jy vir die toets gaan, dat dit jou plig is om te bewys aan die toetsbeampte dat jy bevoeg is om op die pad te ry, so die standaard is baie hoog.  Die omvang van die toets is 52 modules wat jy moet kan toepas.


Met jare ondervinding, in-huis opleiding aan instrukteurs en eienaar, Pieter Kirsten van Kirsten Motors, wie sorg dat Victoria Bestuur Skool se voertuie altyd in 'n goeie toestand is, is jy verseker van die beste moontlike opleiding in leerling- en bestuurderslisensies.  Moenie verder uitstel nie – gaan vandag nog na Victoria Bestuur Skool in Albert Straat, George en kry jou vryheid van beweging.  Gaan volg 'n kursus teen die beste tariewe met die beste diens en kry jou lisensie die eerste keer.  Met só 'n bestuurskool in ons streek, kan ons die laagste padongelukke syfer in die land hê!  Dalk moet ons maar almal 'n kursus gaan volg… al is dit net vir opskerping!