
Persoonlikheids Profiel: Ian Hall
Hierdie jong man het al diep in die harte van George se musiek gemeenskap geklim. Ian toer regoor die land met sy akoestiese rock musiek, maar is op sy gelukkigste om terug te kom na die groen berge van George. Hy werk hard aan die bemarking van sy CD ???????????!!!!!!!!! en wil graag help om ander Suid-Afrikaanse kunstenaars en hulle musiek te bevorder.
Wat is jou huidige beroep?
Professionele Musikant.
Hoe lank bly jy al in George?
12 jaar.
Wat was jou eerste werk?
Ek was 'n Produk Spesialis vir 'n buitelug bemarkings maatskappy.
Stokperdjies en belangstellings?
Buitelug aktiwiteite en musiek.
Wat speel in jou CD speler op die oomblik?
Wasserfall. Dis 'n Afrikaanse rock groep en hulle is fantasties!
Watter boek lees jy huidiglik?
Ek lees enigiets van Deon Meyer.
As jy 'n miljoen wen hoe sal jy dit spandeer?
Ek sal vir my 'n houthuisie bou in die berge by 'n kloof en dan sal ek Suid-Afrikaanse musiek promoteer.
Ek verlaat nooit die huis sonder…
My broek! Ha ha!
Gunsteling restaurant en/of dis?
Beef Boys in Potchefstroom se Shrimp Steak – jy móét dit probeer!
Gunsteling vakansie bestemming?
Hartenbos – dis die lekkerste kuierplek wat daar is.
Gunsteling fliek / TV program?
Ek was mal oor August Rush. Op TV kyk ek graag Crime Channel.
Vertel ons asseblief 'n paar interessante feite oor jouself.
Ek is bang vir girls…
Wat is jou boodskap aan die George gemeenskap?
Hou jou kop hoog en kyk vorentoe!